Notaboek

Hier volg 'n paar los skribbels uit my notaboekie.  Die eerste een is van 'n man wat ek Sondag gesien het, in 'n koffiewinkel, terwyl ek vir Leo gewag het.  Die man het 'n fantastiese helderblou hemp aangehad met 'n swart en wit gestreepte onderbaadjie, en so 'n ongemaklik kompakte lyf met 'n pap maag en los hemspante.  Ek wil 'n plan maak om sulke lekker detail, veral kleur, beter vas te vang.  Die probleem is altyd net dat my onderwerpe gewoonlik wegloop of omdraai binne die eerste twee minute, so mens moet vinnig wees, en ek kry gewoonlik net kans vir die gesig!

Notaboek

Sien jy die hande bo in haar hare?
 
Notaboek

Hierdie was 'n man op die trein.  Dis waar ek die meeste sit en prentjies teken, en werk op die ou end heel goed vir my uit met die gewoonlik netjiese lyne wat bietjie losgeskommel word.
 
Make a Free Website with Yola.